
Werf Statistieke
| ||||||||||
Nuus
Loslappie Facebook Groep
Feb 17, 2010 Hallo! Ek het 'n Facebook blaai geskep vir Loslappie. Voel vry en gaan sluit gerus aan! Die skakel is as volg (of soek net vir Loslappie... ... lees meerWebwerf stadig? Feb 17, 2010 Hallo. Ek het terugvoer ontvang van van julle dat die webwerf stadig of glad nie laai nie. Dit blyk iets te wees met FireFox - weet... ... lees meer | ||||||||||
Suksesverhale
Ware Liefde!
Jul 13, 2006 by Ek het uit aanvanklik uit pure nuuskierigheid so nou en dan op julle webwerf rondgeloer! Die plan was nooit om... | ||||||||||
Is die diens heeltemal gratis? Wat is die vangplek?
Loslappie is ‘n splinternuwe AFRIKAANSE Vrywerf op die web! En ja! Dit is heeltemal gratis! Daar is geen vangplek soos “Gratis aansluiting” maar dat jy moet betaal as jy ander lede se foto's wil sien of hulle wil kontak nie. Ons wil dit graag so hou. Nooi dus gerus jou vriende, familie of kollegas om vandag nog aan te sluit! Hoe meer mense van loslappie gebruik maak, hoe beter of hoe?
Ons kyk tans rond of ons adverteerders kan kry in die nabye toekoms soos die diens meer gewild raak om dit so lank as moontlik gratis te kan aanbied!
Hoe kan ek my eposadres of wagwoord verander?
Jy kan jou e-posadres verander op die “Verander my profiel” bladsy. Hier kan jy ook met gemak ander informasie soos jou soekvoorkeure, adres, profielinligting en dies meer veradner. Kyk in die Ledekontrole paneelkieslys wanneer jy aanteken.
Onthou om op “STOOR” te kliek sodra jy klaar jy veranderinge aangebring het!
Wat is die doel agter die Kitskletser (Eng. Instant Messenger), en watse voordeel hou dit vir my in?
Die KITSKLETSER programmetjie maak dit moontlik om baie vinnig met enige ander persoon wat aanlyn is te praat. Dit vertoon al die lede wat op daardie oomblik aanlyn is. As jy ‘n boodskap stuur, ontvang die ander persoon dit onmiddelik en hy/sy kan dan reageer. As die persoon dalk weens een of ander tegniese probleem nie die boodskap ontvang nie, word dit na sy/haar inmadjie gestuur, so die boodskap gaan nie verlore nie!
Hoe werk “My Pasmaats”?
My Pasmaats werk volgens die basiese profiel en jou gespesifiseerde Soek Voorkeure wat voorkom op die onderkant van die “Verander Profiel” bladsy.
Ontmoet mense regtig op LOSLAPPIE? Is daar van hulle wat al ooit getrou het?
Loslappie is tans ‘n nuwe webtuiste wat ‘n GRATIS diens bied aan die breë Afrikaanssprekende gemeenskap. Ons hoop van harte dat dit die nodige platform sal bied vir mense om mekaar te ontmoet, en wie weet, dalk hou ons een van die dae troue!
Daar is tans vele soortgelyke webtuistes reg rondom die wêreld beskikbaar waar miljoene mense mekaar al ontmoet het en selfs getrou het! Laat weet ons asseblief tog net indien jy iemand ontmoet en afhaak!
Hoe weet ek wanneer iemand my gekontak het (deur middel van ‘n eposboodskap)? Waar moet ek gaan kyk en hoe kan ek reageer?
Wanneer iemand vir jou ‘n brief/nota gestuur het, gaan dit reguit na jou web inmadjie toe. Ons stuur dan ‘n epos na jou persoonlike eposadres toe om jou in kennis stel stel dat jy ‘n boodskap ontvang het.
Om die boodskap te lees, teken eenvoudig aan en gaan na jou INMANDJIE. Indien jy wil terugskryf aan die persoon, kliek eenvoudig op “ANTWOORD”, tik jou brief en stuur dit weg. Dit gaan direk na die persoon se INMANDJIE toe wat dan op sy/haar beurt ook ‘n epos ontvang as kennisgewing dat daar ‘n boodskap in sy/haar INMANDJIE is. Dis so maklik soos val uit ‘n boom!
Alle kommunikasies tussen lede bly op die webwerf sodat jy nooit jou persoonlike besonderhede hoef te verskaf alvorens jy nie gemaklik daarmee voel nie! Wanneer jy voel dat die tyd reg is, ruil dan eers gerus telefoonnommers uit of reël ‘n ontmoeting.
Hoe kan ek my profiel verander? Kan ek my profiel wegsteek?
Om jou profiel op te dateer, kliek op die “Verander Profiel” skakel in die Lede Paneel kieslys wat sal wys sodra jy aangeteken het. Maak seker dat jy die veranderinge stoor sodra jy klaar is.
Sit jou beste voetjie voor met ten minste een foto en sorg dat jou profiel so deeglik en eerlik as moontlik ingevul is! ‘n Foto is baie belangrik, want mens voel meer gemaklik om aan iemand te skryf wat jy kan sien. Profiele met fotos op lok soms tot 10 maal soveel belangstelling as die sonder fotos!
Om jou profiel weg te steek, kies “Nee” vir die opsie “Ander lede kan sien wanneer ek aanlyn is?” op die “Verander Profiel” bladsy. Hou in gedagte, dan mens sover moontlik jou profiel sigbaar wil hou sodat jy die kanse vergroot om ander mense te ontmoet! Miskien is daar iemand oulik daarbuite wat opsoek is na iemand soos jy en julle sal mekaar dalk nie ontmoet as jou profiel versteek is nie!