
Werf Statistieke
| ||||||||||
Nuus
Loslappie Facebook Groep
Feb 17, 2010 Hallo! Ek het 'n Facebook blaai geskep vir Loslappie. Voel vry en gaan sluit gerus aan! Die skakel is as volg (of soek net vir Loslappie... ... lees meerWebwerf stadig? Feb 17, 2010 Hallo. Ek het terugvoer ontvang van van julle dat die webwerf stadig of glad nie laai nie. Dit blyk iets te wees met FireFox - weet... ... lees meer | ||||||||||
Suksesverhale
Ware Liefde!
Jul 13, 2006 by Ek het uit aanvanklik uit pure nuuskierigheid so nou en dan op julle webwerf rondgeloer! Die plan was nooit om... | ||||||||||
Beskerming van privaatheid
WEBBLAD BESTUUR SE VERBINTENIS TOT GEBRUIKERS PRIVAATHEID
Die eienaar(s) van die Loslappie webblad (hierna verwys as “die eienaar(s)” of “ die webblad bestuur”) met die webadres van www.loslappie.co.za (hierna verwys as "hierdie webblad"of "die webblad" of “die webwerf” of “die webtuiste”) is verbind daartoe om u privaatheid sowel as u bates te beskerm.
Die webblad bestuur besef sy verpligting om vertroulikheid van u persoonlike, besigheids- en finansiële inligting te beskerm en te respekteer. Gebruikers privaatheid is 'n belangrike aspek, beide vir u en die eienaar(s). Dit is waarom die eienaar(s) hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid aangeneem het, wat die gedrag van die eienaar(s), hul werknemers en verskaffers voorskryf met betrekking tot die akkuraatheid en sekuriteit van al u inligting. Ten einde meer te leer oor die beleide en praktyke van die webblad bestuur, lees asseblief die volgende:
- Beskerming van gebruikers-inligting
* Die tipe inligting wat versamel word en hoe ons u inligting beskerm.
- Beskikbaarstelling van gebruikers-inligting - Verantwoordelikheid
* Hoe en waarom inligting gedeel of blootgelê word.
- Bewaring van persoonlike inligting
* Privaatheid en sekerheidstellings met betrekking tot spesifieke aanlyn dienste.
- Aanlyn privaatheid
* Hoe en waarom inligting gedeel of blootgelê word.
- E-pos:
* Kommunikasie vanaf hierdie webblad.
- Derde partye
- Die webblad bestuur se private riglyne
* Die verpligtinge van ons werknemers en diensverskaffers.
- U verpligting
* Hoe kan u ons help om te verseker dat u privaatheid beskerm word.
- Reg om hierdie privaatheid en sekerheidstelling te wysig
Indien ons enige wysigings sou maak tot ons beleid oor die beskerming van privaatheid, sal die wysigings op hierdie bladsy gepubliseer word sodat u altyd bewus is van watter inligting versamel word en hoe dit gebruik word. Let asseblief daarop dat aangesien ons nie inligting op ander Internet webblaaie kan beheer nie, ons nie verantwoordelik is vir die inhoud van webblaaie wat gekoppel is aan www.loslappie.co.za nie.
Aanvaarding
Hierdie terme en voorwaardes word effektief sodra die gebruiker die eerste maal toegang verkry tot hierdie webtuiste en sal 'n bindende ooreenkoms met die webblad bestuur daarstel.
Beskerming van gebruikers-inligting
Wat is gebruikers-inligting?
Gebruikers-inligting verwys na die inligting wat betrekking het op 'n kliënt, ongeag of die kliënt 'n individu of 'n besigheid is. Die inligting sluit besonderhede in soos kontakbesonderhede.
Waarom versamel die webblad bestuur gebruikers-inligting?
Uit die aard van die dienste wat die webwerf bied word inligting soos kontakbesonderhede van die kliënt vereis. Dit stel die eienaar(s) in staat om met die kliënt te kommunikeer om byvoorbeeld besonderhede van ander dienste onder u aandag te bring, of om u attend te maak op boodskappe van mede-gebruikers. Ons wil ook graag soveel moontllik van u leer om die beste moontlike diens te kan bied.
Hoe bewaar die webblad bestuur u inligting?
Die bewaring van u inligting is een van ons belangrikste verantwoordelikhede. Ons privaatheidskode bepaal die gedrag van werknemers en diensverskaffers met betrekking tot akkuraatheid, vertroulikheid en sekerheid van alle gebruikers se inligting.
Inligting beskermingsriglyne:
- Die webblad bestuur sal nie inligting versamel sonder u voorafverkreë toestemming nie.
- Die keuse om inligting aan die webblad bestuur te verskaf, is altyd u eie.
- In finansiële transaksies, kan die weerhouding van sekere inligting die dienste wat die eienaar(s) in staat is om te verskaf, beperk.
- Toestemming om inligting te versamel kan uitdruklik wees (byvoorbeeld deur 'n ooreenkoms te teken), of geïmpliseer (byvoorbeeld indien u die geleentheid sou kry om uit te tree uit 'n spesifieke wyse van inligtingsdeling, maar verkies om dit nie te doen nie, impliseer u dat u verkies om die inligting met die webblad bestuur te deel).
- Die tipe inligting wat u versoek sal word om te voorsien, sal wissel volgens die diens of dienste wat u benodig.
- Die meeste van die inligting wat die webblad bestuur verkry met betrekking tot sy gebruikers, word op 'n databasis bewaar wat ingeboude veiligheidseienskappe het ten einde die privaatheid en vertroulikheid van sodanige inligting te verseker.
- Behalwe soos uiteengesit in die deel van gebruikers-inligting, sal die eienaar(s) nooit enige gebruikers-inligting verkoop of andersins beskikbaar stel aan enige ander organisasie of partye nie, behalwe in uitsonderlike gevalle soos uiteengesit in die deel van gebruikers inligting.
Beskikbaarstelling van gebruikers-inligting - Verantwoordelikheid
Die enigste gevalle waarin die webblad bestuur toegelaat te word om gebruikers-inligting te openbaar, is die volgende:
- Deur u gemagtig
Die webblad bestuur sal egter slegs u persoonlike inligting beskikbaar stel indien u die nodige toestemming verleen het.
- Wetlike vereistes
Dit verwys dikwels na die owerheid se belastingrapporteringsvereistes. Ons sal egter in alle gevalle, soos deur die wet vereis, slegs inligting voorsien wat spesifiek versoek word.
- Noodsaaklikheid om die eienaar(s) se belange te beskerm
Bogenoemde sal nie gebruik word as rede vir die openbaarmaking van inligting met betrekking tot u (insluitend u naam en adres) aan enige ander persoon, vir bemarkingsdoeleindes nie. Dit is egter so dat basiese prosedures wat die eienaar(s) se belange beskerm, soms lei tot die openbaarmaking van spesifieke gebruikers-inligting aan derde partye. Die misbruik van ‘n kredietkaart om van ons dienste gebruik te maak is ‘n voorbeeld hiervan.
- In publieke belang
Die eienaar(s) mag soms versoek om gebruikers-inligting te verskaf vir doeleindes van publieke belang, byvoorbeeld om bystand te verleen in die voorkoming van misdaad. Voordat aan hierdie versoeke voldoen word, neem die webblad bestuur elke moontlike voorkomende maatreël ten einde te verseker dat die owerhede betrokke wetlike gronde het om sodanige versoek te rig.
Ons onderneming aan u, ons kliënt
Die eienaar(s) sal nie enige persoonlike gebruikers-inligting aan derde partye vir onafhanklike gebruik beskikbaar stel of voorsien nie, behalwe dit wat by verstek op die gebruikersprofiel vertoon word nie.
Bewaring van persoonlike inligting
Persoonlike inligting wat versamel word deur die webblad bestuur via die Loslappie webtuiste, word in 'n veilige omgewing bewaar.
Privaatheid en sekuriteit van toepassing op spesifieke aanlyndienste
Neem E-pos ernstig op:
Kommunikasie vanaf hierdie webtuiste
Die webblad bestuur mag u persoonlike of ander inligting gebruik om inligting met betrekking tot nuwe dienste of produkte wat u mag interesseer, van tyd tot tyd aan u te e-pos of sms-inligting daaromtrent aan u te stuur met betrekking tot die webblad, nuwe produkte en dienste. Die gebruiker sal die opsie hê om aan te dui of hy/sy sodanige produkinligting wil ontvang in die toekoms. Die gebruiker sal egter voortgaan om ander produkinligting te ontvang tot sodanige tyd as wat die opsie om nie toekomstige kommunikasies te ontvang nie, gekies is.
Vertroulikheid
Onthou, gewone ongekodifiseerde ("non-encrypted") e-pos is nie veilig nie. Om hierdie rede sal die webblad bestuur nie vertroulike rekening-inligting per e-pos voorsien nie.
Derde partye
Indien die eienaar(s) ander organisasies sou versoek om ondersteunende dienste aan die eienaar(s) te lewer, sal die eienaar(s) hulle verbind tot hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid in soverre as wat dit nodig mag wees om toegang te verkry tot die webblad bestuur se gebruikers se persoonlike inligting ten einde hul dienste uit te voer.
Die Loslappie webtuiste mag koppelings aan of vanaf ander webblaaie bevat. Alhoewel die eienaar(s) poog om slegs webblaaie te koppel wat sy hoë standaarde en respek vir privaatheid deel, is die webblad bestuur nie verantwoordelik vir die inhoud of die sekuriteit of privaatheidspraktyke van toepassing op ander webblaaie nie. Die webblad bestuur beveel aan dat u altyd die sekutiteitsreëlings van sodanige webblaaie bestudeer.
U kan bydra tot die beskerming van u privaatheid
U kan ook help om die sekuriteit van u inligting te beskerm deur die volgende te doen
- Moenie u identiteit of wagwoord met enigiemand deel nie.
- Wysig u wagwoord op 'n gereelde basis.
- Onthou om af te teken na 'n aanlyn sessie.
- Moenie u rekenaar sonder toesig laat terwyl u aanlyn transaksies doen nie.
- Help die webblad bestuur om akkurate rekords in stand te hou deur ons in kennis te stel van wysigings in u situasie sodat ons ons rekords dienooreenkomstig kan opdateer.
- Moenie enige vertroulike inligting via ongekodeerde ("unencrypted") e-pos stuur nie.
- Moenie u persoonlike en finansiële inligting toevertrou aan enige webblad wat u nie ken of vertrou nie.
Reg om hierdie privaatheid en sekerheidstelling te wysig
Die eienaar(s) behou die reg voor om hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid te enige tyd te wysig. Alle wysigings tot hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid sal op die webtuiste gepubliseer word. Tensy anders bepaal, sal die huidige weergawe alle vorige weergawes van hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid herroep en vervang.