
Werf Statistieke
| ||||||||||
Nuus
Loslappie Facebook Groep
Feb 17, 2010 Hallo! Ek het 'n Facebook blaai geskep vir Loslappie. Voel vry en gaan sluit gerus aan! Die skakel is as volg (of soek net vir Loslappie... ... lees meerWebwerf stadig? Feb 17, 2010 Hallo. Ek het terugvoer ontvang van van julle dat die webwerf stadig of glad nie laai nie. Dit blyk iets te wees met FireFox - weet... ... lees meer | ||||||||||
Suksesverhale
Ware Liefde!
Jul 13, 2006 by Ek het uit aanvanklik uit pure nuuskierigheid so nou en dan op julle webwerf rondgeloer! Die plan was nooit om... | ||||||||||
Kragtige SOEK Opsies vir die Ideale Maat
Vind jou ideale maat deur van ons kragtige pasopsies te gebruik. Gebruik die SNELSOEK fasiliteit om ander lede in ‘n JAPTRAP te vind wat opsoek is na iemand soos jy! As jy presies weet waarna jy soek, maak dan gerus gebruik van ons GEVORDERDE SOEK FASILITEIT waar jy al die kenmerke van jou pasmaat volgens jou persoonlike smaak kan spesifiseer. Om dinge nog verder te vergemaklik, bied ons jou ook die opsie om hierdie gedefineerde Soektog na jou Ideale Maat te STOOR vir toekomstige gebruik.
Jy kan met gemak na iemand in jou omgewing soek. Of as jy binnekort op reis gaan wees, soek dan vir iemand in die omgewing van jou bestemming!
Interne Boodskappe via EPOS
Loslappie beskik oor ‘n geïntegreerde boodskapstelsel wat jou instaat stel om ander lede te kontak in ‘n veilige en anonieme omgewing. Deur van die stelsel gebruik te maak, hoe jy nie jou regte epos adres of ander persoonlike informasie aan die ander lede oor te dra nie. Hulle sal dus nooit weet wie jy is tensy jy self jou kontakbesonderhede aan hulle verskaf nie!
Vir die minder kreatiewe lede, is daar ook pasgemaakte sjablone (eng. Templates) wat geskep kan word indien jy sou vind dat jy gereeld dieselfde tipe epos aan verskillende mense stuur. Jy kan van sogenaamde “sjabloon veranderlikes” gebruik maak om jou boodskappe meer persoonlik te maak. Jy kan selfs jou profieldata insluit met jou boodskappe!
Wolwefluit
Sien jy dalk iemand waarvan jy hou en jy weet hoe om die persoon se aandag te trek nie? Fluit vir hulle! Fweet-Fweeewwww!
Vriende- en Kortlyste
Bou jou eie private VRIENDELYS op van al jou nuwe vriende se skuilname, en om fotos en okkasies te deel! Gebruik jou VRIENDELYS as jou hoofkontaklys!
As jy van iemand hou, skuif hulle sommer na jou KORTLYS toe! Die klein swart boekie kan handig te pas kom! Wie weet! J
Bloklys
Moeg vir dieselfde mense wat maar net nie die boodskap kry nie en jou heeltyd pla? Plaas hulle in jou BLOKLYS. Jy sal dan heeltemal onsigbaar raak vir hulle!
Profielkoekeloer- en Wolwefluitlys
Wil jy graag weet wie jou uitkyk? Kyk gerus na die Koekeloerlys om te sien wie onlangs na jou gestaar het! En as iemand vir jou fluit, kyk dan in jou Wolwefluitlys om te sien wie so geïnteresseerd is!
Fotogalery
Laai jou fotos op met die opsie om dit privaat te hou net vir jou en jou vriende se oë! Gevorderde galery kenmerke sluit veelvoudige albumbestuur opsies asook outomatiese duimnaelskets (Eng. Thumbnails) skepvermoëns in!
Ingeboude foto redigeringsfunksies laat jou toe om aan jou fotos te snoei of om hul grootte met gemak te verander nadat dit opgelaai is!
Mense met fotos op hul profiele lok soms tot 10 maal meer belangstelling as lede sonder fotos!
Okkasie Kalender
Ons bied ook ‘n ingeboude kalender sodat jy kan tred hou met al jou funksies en okkasies. Jy sien watse funksies en okkasies ons beplan vir die breë Loslappie gemeenskap gereël word, soos ‘n Bring en Braai, Staptogte, Kampe en dies meer. Jy kan ook jou eie belangrike datums soos verjaarsdae en herdenkings PRIVAAT hier stoor.
ONS HOOP JY GENIET ONS DIENSTE! VOEL VRY OM ENIGE VOORSTELLE AAN ONS TE STUUR!