Werf Statistieke
Nuwelinge laaste week: 1
Aantal mans: 1421
Aantal vroue: 1046
Nuwe fotos laaste week: 0
Mense aanlyn: 1
Nuus
Loslappie Facebook Groep
Feb 17, 2010

Hallo!

Ek het 'n Facebook blaai geskep vir Loslappie.  Voel vry en gaan sluit gerus aan!  Die skakel is as volg (of soek net vir Loslappie... ... lees meer

Webwerf stadig?
Feb 17, 2010

Hallo.

Ek het terugvoer ontvang van van julle dat die webwerf stadig of glad nie laai nie. Dit blyk iets te wees met FireFox - weet... ... lees meer

Alle Nuus
Suksesverhale
Ware Liefde!

by

Ek het uit aanvanklik uit pure nuuskierigheid so nou en dan op julle webwerf rondgeloer!  Die plan was nooit om...

... lees meer

Alle Stories
Jou Afrikaanse Vrywerf

   
Ek is 'n
soek 'n
tussen en
Land:
wat 'n foto het     
Terme en Voorwaardes van Gebruik

ALGEMENE REËLS

  1. Net persone 18 jaar en ouer mag deelneem.
  2. Jy mag nie namens iemand anders inskryf nie.
  3. Die bestuur van die Loslappie Vrywerf behou die reg voor om oor profiele en persoonlike advertensies te besluit.
  4. Die bestuur van die loslappie Vrywerf aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname spruit nie.

TOEGANGSVOORWAARDES
Die gebruik van die Loslappie webtuiste of webblad met die webadres www.loslappie.co.za (hierna verwys as "hierdie webblad"of "die webblad" of “die webwerf” of “die webtuiste” of "die vrywerf") is onderworpe aan die gebruiksterme en voorwaardes soos hieronder uiteengesit. Dit is belangrik dat die leser die terme en voorwaardes van toepassing op die Loslappie webtuiste moet lees en begryp.

Indien die gebruiker nie saamstem met hierdie terme en voorwaardes nie, moet hy/sy sy/haar registrasie kanselleer en nie die webwerf verder gebruik nie.

AANVAARDING
Hierdie terme en voorwaardes tree in werking sodra die gebruiker vir die eerste keer as ‘n gebruiker op die webwerf registreer en is 'n bindende ooreenkoms tussen die eienaar(s) van die loslappie webwerf (hierna verwys as "eienaar(s)"of "die webblad bestuur") en die gebruiker.

INLIGTING OP HIERDIE WEBTUISTE

  • Alle inligting en dienste op hierdie webblad is uitsluitlik bedoel om die gebruiker in staat te stel om ander geregistreerde gebruikers van die webblad te ontmoet en te leer ken.
     
  • Alle inligting met betrekking tot die dienste, insluitend inligting met betrekking tot die terme en voorwaardes, of enige ander sake, is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.
     
  • Die webtuiste en alle inligting hierin vervat asook die dienste wat verskaf word op hierdie webblad, word voetstoots voorsien. Die inligting voorsien op hierdie webblad moet nie geag word as professionele advies van enige aard nie en word geen waarborge daaromtrent verskaf nie.

AANLYNDIENSTE

  • Loslappie se dienste ("aanlyndienste") is onderworpe aan registrasie en goedkeuring wat die eienaar(s) kan aanvaar of verwerp volgens hul uitsluitlike diskresie.

In die geval van konflik tussen hierdie terme en voorwaardes en die terme en voorwaardes van die ooreenkoms tussen die individuele kliënt en die eienaar(s) van die Loslappie webwerf, sal die bepalings van die individuele ooreenkoms van toepassing wees.

DERDE PARTY INLIGTING

  • Die eienaar(s) mag die dienste van enige ander derde partye gebruik om inligting op hierdie webtuiste te verskaf.  Die eienaar(s) van die webwerf het geen beheer oor die derde party inligting nie en verskaf geen waarborge van enige aard met betrekking tot die akkuraatheid of toepaslikheid daarvan nie.  Die eienaar(s) sal nie direk of indirek verantwoordelik wees vir enige skade, van welke aard ookal, wat mag voortspruit uit die gebruiker se gebruik van sodanige inligting of dienste nie.

PRIVAATHEID

Die webblad bestuur se verbintenis tot kliënte/gebruikers se privaatheid en sekuriteit word uiteengesit in die beleid oor die Beskerming van Privaatheid wat op die webwerf beskikbaar is.

WYSIGINGS TOT HIERDIE VOORWAARDES

  • Die eienaar(s) mag hierdie voorwaardes van tyd tot tyd wysig sonder kennisgewing aan die gebruiker. Deur toegang te verkry tot hierdie webblad, is gebruikers verbonde aan die weergawe van die terme en voorwaardes gepubliseer ten tye van enige besoek aan hierdie webblad. Die gebruiker onderneem om die huidige weergawe elke keer te bestudeer wanneer hierdie webblad besoek word.
     
  • Die huidige weergawe van hierdie voorwaardes sal die onderskeie regte en verpligtinge van die eienaar(s) van die webwerf en die gebruiker bepaal, elke keer wanneer toegang tot hierdie webblad verkry word.

GEKOPPELDE DERDE PARTY WEBBLAAIE

  • Hierdie webblad mag sekere beelde en koppelings aan ander derde party webblaaie ("gekoppelde webblaaie") bevat, met inligting en materiaal geproduseer deur ander partye. Die gekoppelde webblaaie is nie onder beheer van die webblad bestuur nie en die eienaar(s) is nie verantwoordelik vir die inhoud van enige gekoppelde webblad nie, insluitend sonder beperking enige koppeling vervat in 'n gekoppelde webblad, of enige veranderinge of opdatering van 'n gekoppelde webblad.
     
  • Die eienaar(s) is nie verantwoordelik vir enige vorm van transmissie vanaf gekoppelde webblaaie nie en is ook nie verantwoordelik daarvoor as die gekoppelde webblad nie behoorlik funksioneer nie.
     
  • Die eienaar(s) verskaf hierdie koppelings slegs vir u gerief en die insluiting van enige koppelings impliseer nie dat die webblad bestuur hierdie webblad, hul besigheid of sekerheidspraktyke of enige koppeling met sodanige webblad se operateurs, onderskryf nie.

INTELLEKTUELE GOEDEREREGTE

  • Kopiereg is van toepassing op hierdie webblad en enige ander intellektuele eiendom, insluitend logo's en enige grafiese en multimedia werke wat aan die eienaar(s) behoort.
     

STUUR VAN INLIGTING

  • Inligting gestuur deur 'n onversekerde koppeling oor die Internet, insluitend E-pos, is onderworpe aan potensiële onregmatige toegang of monitering. Die eienaars(s) het sekere stappe geneem om die risiko's in die verband te beperk. Die maatreëls is uiteengesit in die eienaar(s) se beleid oor die Beskerming van Privaatheid.
     
  • Die gebruiker aanvaar dat die webblad bestuur nie aanspreeklik gehou kan word vir enige verlies of skade gely deur die gebruiker as gevolg van enige onwettige aktiwiteite deur enige ander persone nie, aangesien die eienaar(s) nie sodanige optrede kan voorkom nie.  Die webblad bestuur mag onafhanklike verifiëring van enige inligting deur die gebruiker gestuur via die webtuiste of E-pos, laat verifieer van tyd tot tyd ten einde sodanige risiko's te beperk.

WAARBORGE EN VOORSTELLINGS

  • Al die inligting wat op hierdie webtuiste verskyn, word voorsien sonder 'n voorstelling of waarborg van enige aard, uitdruklik of geïmpliseer, en die webblad bestuur doen afstand van enige aanspreeklikheid teenoor die gebruiker in die verband.
     
  • Die eienaar(s) maak geen voorstellings of waarborge met betrekking tot die akkuraatheid, funksionaliteit, toepaslikheid vir gebruik of aantasting van regte met betrekking tot hierdie webtuiste nie en doen afstand van enige aanspreeklikheid in hierdie verband.
     
  • Die eienaar(s) verskaf geen waarborg dat die webblad of aanlyndienste foutvry is nie.

AFSTANDDOENING EN BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID

  • Die weblad bestuur het sover moontlik redelike stappe geneem met betrekking tot die akkuraatheid en volledigheid van die inhoud wat op hierdie webtuiste verskyn, ten einde te verseker dat die gebruiker nie enige verlies of skade ly as gevolg van die gebruik van hierdie webblad nie.
     
  • Gebruik van hierdie webblad en die aanlyndienste is geheel en al op die gebruiker se risiko. Die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikheid vir die risiko van skade en/ofverlies voortspruitend uit die gebruik van hierdie webblad en die gebruiker se vertroue op die inligting daarin vervat.
     
  • Onder geen omstandighede sal die eienaar(s) aanspreeklik wees vir enige skade, verlies, direk of indirek, spesiaal, toevallig of gevolglik nie, weens die gebruik van die webblad deur die gebruiker en die aanlyndienste of die inligting vervat op hierdie webblad, of die gebruiker se onvermoë om hierdie webblad of die aanlyndienste te gebruik nie, ongeag of sodanige skade of verlies voortspruit uit 'n kontrak, of onregmatige daad of andersins en ongeag of die webblad bestuur uitdruklik ingelig is oor die moontlikheid van sodanige verlies of skade.

Sonder om afbreuk te doen aan die algemeenheid van bostaande, en tot die mate wat wetlik toelaatbaar is, sal die webblad bestuur nie aanspreeklik gehou word vir die volgende nie:

  • Enige onderbreking, abnormale werking, aftyd, aflynsituasie of enige ander gebrek op die webblad of aanlyndienste, die eienaar(s) se diensverskaffer, databasisse of enige ander komponente wat buite die eienaar(s) se redelike beheer val;
     
  • Enige verlies of skade met betrekking tot die gebruikersdata of enige ander data, direk of indirek veroorsaak deur faling van die eienaar(s) se stelsels, derde party stelsels, kragonderbrekings, onwettige toegang tot of diefstal van data, rekenaarvirusse of vernietigende kodes op eienaar(s) se diensverskaffer se stelsel of enige ander derde party stelsel, of programmeringsdefekte;
     
  • Enige onderbreking, abnormale werking, aftyd of enige ander faling van goedere of dienste voorsien deur derdepartye, insluitend, sonder beperking, derde party stelsels soos die publieke telekommunikasie diensverskaffers, Internet diensverskaffers, elektrisiteitsvoorsieners, plaaslike owerhede en gesertifiseerde owerhede, of enige ander insident waaroor die webblad bestuur geen beheer het nie.

HOEDANIGHEID OM OOREENKOMSTE AAN TE GAAN

  • Die gebruiker waarborg hiermee aan die webblad bestuur dat hy oor die nodige regsbevoegdheid beskik om ooreenkomste aan te gaan en gebind te wees deur sodanige ooreenkomste, terme en voorwaardes.
     
  • Minderjariges moet bygestaan word deur wettige voogde wanneer hierdie terme en voorwaardes bestudeer word.

GEBRUIKER SE AANSPREEKLIKHEID TEENOOR DIE EIENAAR(S)

Die gebruiker sal aanspreeklik wees teenoor die eienaar(s) vir enige laste, verliese of koste aangegaan deur die eienaar(s) as gevolg van enige nie-nakoming deur die gebruiker van enige terme en voorwaardes.

BEëINDIGING, OPSKORTING EN BEPERKING

Die webblad bestuur mag:

  • Beperkings en limiete stel op die reg van sekere dienste, kenmerke of funksies op hierdie webblad;
     
  • Toegang tot gedeeltes of alle dienste op hierdie webblad, beperk; en
     
  • Hierdie webblad wysig, opskort of beëindig, tydelik of permanent, sonder kennisgewing.

DIE EIENAAR(S) SE ADRES

Die eienaar(s) se adres vir enige regskennisgewings is:

werfmeester@loslappie.co.za

TOEPASLIKE WETGEWING EN JURISDIKSIE

Die terme en voorwaardes van toepassing op enige inligting en dienste wat op hierdie webtuiste verskyn, sal beheer en geïnterpreteer word in ooreenstemming met die wetgewing van die Republiek van Suid-Afrika en enige versoek om produkte of dienste aangebied op hierdie webblad of bladsye sal die gebruiker se toestemming en onderwerping aan die jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse howe aandui met betrekking tot alle verrigtinge, transaksies, aansoeke ensomeer ingestel deur enige party teen 'n ander, voortspruitend uit enige terme en voorwaardes van toepassing op hierdie webblad of sodanige produkte of dienste.

ALGEMENE BEPALINGS

  • Die opskrifte van die klousules in hierdie voorwaardes word voorsien vir gerieflikheidsdoeleindes en maklike verwysing alleenlik en sal nie gebruik word om enige van die terme en voorwaardes te interpreteer, te wysig of te beklemtoon nie.
     
  • Geen versuim deur die webblad bestuur om enige van die regte van die eienaar(s) uit te oefen, sal beskou word as 'n afstanddoening van enige reg nie, uitdruklik of geïmpliseer, en dit sal ook nie die regsgeldigheid van enige van hierdie terme en voorwaardes affekteer of eienaar(s) se reg beïnvloed om enige aksie teen die gebruiker in te stel nie.
     

Indien enige van hierdie terme of voorwaardes ongeldig, onwettig of onafdwingbaar bevind word, sal sodanige term of voorwaarde skeibaar wees van die oorblywende terme en voorwaardes soos hierin vervat, en sal die oorblywende terme en voorwaardes steeds geldig wees.